Boeke Insig
lede/boekklubs
Wagwoord vergeet | Word 'n lid
 
binnekort
Januarie 2009
Februarie 2009
 
7 Ruda gesels met Chris Barnard!
  Durbanville - D'Aria, 12:00-15:00

13 Ruda gesels met Chris Barnard!
  Ilanga Estate - Bloemfontein, 18:30-21:30

14 Ruda gesels met Chris Barnard!
  Feast Restaurant - Centurion, 13:00-16:00

 
Maart 2009
 
6 Woordfees
  Stellenbosch - Universiteit van Stellenbosch

 
 

 

 

27  
Suidoos waai stories los
Kaapstad
Boeke-Insig is vanjaar die eerste keer deel van die Suidoosterfees wat
van 27 Januarie tot 1 Februarie 2009 in Kaapstad aangebied word. Ons bied ’n spesiale program aan waarin topskrywers soos Johan Bakkes, Dana Snyman en Gert Vlok Nel oor hul boeke gaan gesels. Dié lekker samekoms vind plaas op Sondag 1 Februarie van 12:30 tot 14:30.

Daar is ’n hele paar ander boekverwante aanbiedinge op die fees om na uit te sien. In Boeke-ontbyt met Annelie Botes (Saterdag 31 Januarie om 09:00) gesels die uitgewer Riana Barnard met dié gewilde skrywer oor haar nuwe roman, Thula-thula, wat binnekort by Tafelberg verskyn.


Dirk Nagtegaal beskryf homself as “’n lekkerbek wat die lewe met sy tong beproef”, en in Kok en SkinkerBoekbekendstelling & Kookshow (30 Januarie om 18:30) kan feesgangers dit eerstehands ervaar.
Die Trantraal-broers van Stormkaap-faam gaan gesels met Kabous Meiring en bekendes uit die comics-wêreld in Jeugboekspreking: Drome kom altyd andersom uit (30 Januarie om 10:00).

In Ligdans / Towards the Light (31 Januarie om 17:30, Wordwise-kinderteater) gesels die skrywer Jeanne Els met onder andere Fahiem Stellenboom en Vuyelwa Booi oor depressie. Besoek www.suidoosterfees.co.za vir meer inligting.

lees meer

29  
Bekendstelling van We are…,'n bloemlesing gedigte
Hoek van Jeppe- en Henry Nxumalostraat, 18:30 - Xarra Boeke, Johannesburg
Penguin en Xarra Boeke nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van We are…, 'n bloemlesing gedigte saamgestel deur Natalia Molebatsi.
lees meer

 

 

Fotos
Fotos van vorige funksies

WEN!




 

 
© Kopiereg 2007 Media 24
tuisblad | boeke | handleidings | word 'n lid | boekklub | nuus | kalender | praat saam | kontak ons