| |
|
Twee skrywers ontvang Helgaard Steynprys vir letterkunde
| November 2008
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Helgaard Steynprys vir letterkunde word die eerste prys en prysgeld van R150 000 vanjaar gedeel deur twee skrywers: Hermann Giliomee vir sy biografiese werk Die Afrikaners (2004) en Marlene van Niekerk vir haar roman Agaat (2004).
|
|
|
Die skrywer Mphahlele sterf
| Oktober 2008
Prof. Es’kia Mphahlele, die Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus, is Dinsdag (28 Oktober 2008) in die ouderdom van 89 jaar oorlede.
|
|
|
Debuutroman ontvang Booker-prys
| Oktober 2008
Die skrywer, Aravind Adiga het Dinsdagaand (14 Oktober) die Man Booker-prys ontvang vir sy debuutroman, The White Tiger.
|
|
|
Dorp tot dorp voorleesprojek
| Julie 2008
Met die bekendstelling van die Kultuurorganisasie, Kairos vroeër vanjaar in die Paarl, is beloof om gereelde produksies te organiseer, om ‘n verhoog vir woordkunstenaars te skep.
|
|
|
Skrywer besoek sy geboorteland
| Junie 2008
Gebore Suid-Afrikaner Richard Manson sal die land binnekort besoek om sy jongste roman, The Lighted Rooms, te bemark.
|
|
|
Britse skrywer stap weg met Orange-prys vir fiksie
| Junie 2008
Die skrywer Rose Tremain is vandeesweek met die Orange-prys vir fiksie van £30 000 (sowat R457 000) beloon vir haar boek, The Road Home. Dié boek handel oor Lev, ’n immigrant van Oos-Europa wat sy weg probeer vind in Brittanje.
|
|
|
Wenners van Statebond-skrywersprys aangekondig!
| Mei 2008
Die laaste dag van die Franschhoek Literêre Fees het gister (18 Mei) op 'n hoë noot afgesluit toe die minister van kuns en kultuur, mnr. Pallo Jordan, prysgeld van 10 000 Britse pond aan die Kanadese skrywer Lawrence Hill, vir sy roman The Book of Negroes oorhandig het.
|
|
|
Maak dik jul stemme!
| Mei 2008
Alle ongepubliseerde digters word uitgenooi om sewe van hul beste Afrikaanse gedigte voor te lê vir moontlike opname in Nuwe stemme 4.
|
|
|
Suid-Afrikaanse skrywers haal kortlys
| Mei 2008
Twee Suid-Afrikaanse skrywers, J.M. Coetzee en Nadine Gordimer, is op die kortlys vir nóg ’n gesogte skrywerstoekenning. Die Man Booker-prys vir fiksie het vroeër vanjaar die eenmalige toekenning – The Best of the Booker, bekend gestel om die letterkundige prys se 40ste herdenking te vier.
|
|
|
Siegfried wen
| April 2008
Willem Anker se debuutroman, Siegfried, is so pas met die Universiteit van Johannesburg se debuutprys bekroon.
|
|
|
Rekord aantal inskrywings vir vanjaar se M-Net Literêre Toekennings
| April 2008
Dit gaan goed met die boek. Suid-Afrika se storievertellers het die afgelope jaar gewoeker met die woord en meer inskrywings as ooit tevore laat instroom vir een van die land se mees gesogte boekpryse, die M-Net Literêre Toekennings.
|
|
|
Wenners van Andrew Murray-prys word aangekondig
| April 2008
Die Andrew Murray-prys vir Afrikaanse Christelike boeke is Maandag, 7 April aan prof. Jan du Rand toegeken. Die A tot Z van Openbaring word deur beoordelaars beskou as 'n leesbare boek wat deeglike navorsing toon.
|
|
|
Breederivier Taalburo stig Skrywersburo
| Maart 2008
Die Breederivier Taalburo, wat reeds vir meer as ’n jaar lank op Robertson in die Wes-Kaap funksioneer, het onlangs 'n literêre tak gestig ten einde amateur skrywers- en digters te help om hulle skryfwerk te evalueer en te ontwikkel.
|
|
|
Die sewentigers
| Februarie 2008
Daar is ’n paar Afrikaanse skrywers wat in 2008 groot verjaardae vier. Wilma Stockenström word in Augustus 75 jaar oud en ook die onsterflike Ingrid Jonker sou in September 75 geword het.
|
|