Boeke Insig
lede/boekklubs
Wagwoord vergeet | Word 'n lid
 
praat saam  
160 gedigte
stem vir jou gunsteling gedig
Stem vir die beste sms-gedig onder ons top drie hieronder. Onthou jy het net een stem. Die ander gedigte was ook onder die gunstelinge van die Boeke-Insig span. Die wenner van ons volgende sms-gedig kompetisie sal einde November aangekondig word. En vanaf Desember sal jy weer 3 stemme hê om vir jou gunsteling 160-gedig te stem.
Jy het 1 stem oor

Ek staan eenkant toe weg uit sy pad, die pad waar hy dalk sy lig met my moet deel. Eer ek gewoond raak aan die donker om my, draai ek liewer weg dat ek kan heel
Trisa Hugo
Paljas van my hartewee! My madrigal rym in die minne- see Die maanlig se sierknoop Veraai ons liefdeknoop Ek groet liefde kwets in dou Minnekoors se rou...
Miempie Swart
Koning Arthur was hy bewus ontrou
en verraad o skone Guinevere sy koningin en Lancelot sy kameradevriend 'n ridder in glansend wapenrusting grotesk en manjefiek
Jane Bruwer
 
Vorige wenners
jongste wenners
Ek skep jou in my arms op, maar jy het net verdwyn My hart my hande kelk jou toe die dag het stil gekwyn Nag sak oor ons ek weet jys weg die dood te veel vir my
Arina Botes
 
hoe werk dit?

Kan jy gedissiplineerd dig? Hier is 'n uitdaging om te kyk of jy 'n selfoongedig met presies 160 karakters kan skryf. Die tema is liefdesverdriet.

Stuur asseblief jou 160 gedigte voor 31 Januarie 2009 na die volgende nommer: 35121. (Koste: R3 per sms).

Sodra ons jou gedig gekry het, sal jy 'n SMS ter bevestiging ontvang, en ons sal jou daarna kontak. Moet dus nie aanvanklik jou naam by jou gedig insluit nie.

 

 

 
© Kopiereg 2007 Media 24
tuisblad | boeke | handleidings | word 'n lid | boekklub | nuus | kalender | praat saam | kontak ons