Boeke Insig
lede/boekklubs
Wagwoord vergeet | Word 'n lid
 
boekboehaai


Hoe lees en verstaan jy 'n gedig?



Dink jy die gedigte hieronder genoem is werklik gedigte, en indien wel, goeie gedigte?



fetisj
opgedra aan bobby jo stinnett se geboortemerk


wie sou kon raai dat ek
op hierdie vloer in die voorhuis
amper in die portaal
aan jou geboorte sou skenk



saam met jou naam
waaroor ek myself 8 maande lank verknies het
is jy in doeke toegedraai
en by die voordeur uitgedra

net voor die middagson
my vir oulaas oopoog verblind
het ek gewonde
of die skalpel uit die kombuis
soos ’n figuursaag
jou herkenbaar na my beeld gevorm het



:sou jy my dan só onthou:

my kaal bolyf
wat uierwit na die plafon staar
tepels wat die skemerlug borsvoed
en my leë onderlyf
wat bloeisels teen mure sug
hier waar ek fetaal
binne jou nageboorte
’n tweede lewe gekry het



die heler
Elize Momzen


(dit was`n vrolike (woord)partytjie)

drie jong boewe (vermoedelik rekrute van die pers)
het die groep verras, die sfeer binnegedring
in vreemde tale is hul aangesê om oor te gee
die (ge)digte het hul yl en uit hul styl geskrik
een het uitgebars in rym
`n ander hortend in kommas en punte
nog een was skielik ongewoon stil
`n parmantige vers het amper kop verloor



een vir een is hul geplunder
van titels tot interteks, van sin gestroop
sommige is feitlik kaal uitgetrek
ontbloot tot op die letter
blosend oor hul naaktheid
en onteerde eenvoud

só het die taalrowers hul agtergelaat
on-same-hangend



`n kampuswag was eerste op die toneel
die slagting het hom onkant betrap
hy was (ver)stom oor die verslae
woorde en onvoltooide sinne
wat orals rondlê of hinkend óp beur
selfs `n verstrengelde frase of twee,
maar die eintlike verminktheid
het by hom verbygegaan

later het `n kunstenaar op die klank
van spartelende woorde afgekom
sinsnedes in verstrooiing



aangegryp deur die waansin
het hy die ontheemdes byeengebring
tussen hul gaan sit
geluister, hul geïnspireer

saam het hulle`n psalm gedig
`n lofgesang



tot eer van die opgestane woord



Naam:  
Van:  
Epos Adres:  
Antwoord:    
 
 
vorige onderwerpe
2008 se bestes!
Skrywers en Moraliteit
Dié boek moet gelees word
Rolprente en boeke
Deel jou vreemde boektitel met ons
Strokiesprente
Wanneer is lirieke ook poësie?
Is ons jeugboeke vroegryp?
Hoe lees en verstaan jy 'n gedig?

 
 
© Kopiereg 2007 Media 24
tuisblad | boeke | handleidings | word 'n lid | boekklub | nuus | kalender | praat saam | kontak ons